7 dae gelede
Ace se seuns kry glo ook tenders
Ace Magashule  ~ Argief

ACE Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, se twee seuns het volgens berigte ook regeringskontrakte ontvang om goedere en dienste te midde die Covid-19-pandemie te lewer.

Daily Maverick het Vrydag berig dat die Vrystaatse provinsiale tesourie kontrakte met 'n gesamentlike waarde van R2,7 miljoen aan Motheko Projects en Marvel Deeds toegeken het.

Dié maatskappye word onderskeidelik deur Tshepiso en Thato Magashule besit.

Die toekenning van die tenders kom ná berigte dat die provinsie se LUR vir finansies, Gadija Brown, noue bande met Magashule het.

Die tesourie ontken egter dat enige ongerymdhede plaasgevind het. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters