15 dae gelede
Tabakverbod: Fita se aansoek misluk
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA â?? FEBRUARY 25: A gene
Mense sal nog vir 'n rukkie langer sigarette met vreemde name moet rook.  ~ Foto ter illustrasie

DIE aansoek van die Fair Trade Independent Tobacco Association (Fita) om die regering se verbod op tabakverkope om te keer, is in die hooggeregshof in Pretoria met koste van die hand gewys.

Die hof het bevind dat Fita se argument, dat sigarette as noodsaaklik beskou moet word omdat dit verslawend is, geen meriete het nie.

Die regering het ook die hof oortuig dat Fita se argument verkeerd is omdat dit die konteks ignoreer waaronder die regulasies gepromulgeer is.

Volgens die regering is die verbod in werking gestel om te midde van 'n "ongekende ramp" vinnig en doeltreffend op te tree.

Intussen is die hofdatum vir die hofstryd tussen die regering en British America Tobacco na Augustus geskuif. - News24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters