20 dae gelede
Aanbeveling kom dalk om skole te sluit
Klaskamers kan dalk binnekort weer leegstaan.  ~ Wikipedia

DIE National Coronavirus Command Council (NCCC) sal na verwagting die kabinet aanbeveel om die land se skole vir drie weke te sluit.

Die NCCC sal luidens TimesLive se berig, wat met onberispelike bronne binne onderwysvakbonde aangehaal het, Donderdag die aanbeveling maak.

TimesLive se bronne het Woensdagaand 'n vergadering bygewoon onder voorsitterskap van Reginah Mhaule, adjunkminister van basiese onderwys.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het aan News24 gesê die konsultasies met die belanghebbendes in die sektor duur voort.

Motshekga sal na verwagting Donderdag terugvoering aan die kabinet gee voordat ’n aankondiging gedoen word.

Volgens TimesLive se bronne sal die kabinet Donderdag die saak afhandel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters