2 maande gelede
8 in Drakenstein gearresteer wie lockdown-reëls oortree
coronavirus,covid19,drakenstein
Agt mense is gearresteer vir oortreding van lockdown-regulasies  ~ Verskaf

AGT mense is Saterdag in Drakenstein gearresteer en elk met R1500 vir oortreding van die lockdown-regulasies beboet.

Daar is ook boetes aan nege shebeen-eienaars uitgereik, van wie sommige toegemaak was.

Riana Geldenhuys, ‘n woordvoerder vir die munisipaliteit, sê: “Hierdie is deel van ons wetstoepassings-operasie tussen die munisipaliteit se wetstoepassers, verkeersdienste en die polisiediens.

“In Mbekweni is 20 Shebeens en 25 spaza-winkels oor ondersoek vir die ootreding van enige regulasies.” 

‘n Besigheid in Mbekweni is ook vasgevat vir nie die lockdown regulasies gehoorsaam nie. Asook 43 mense van wie 22 in Paarl-Oos, 15 in Wellington en 6 in Mbekweni.

Geldenhuys noem: “Daar is ook 11 boetes vir ongelisensieerde voertuie, ses boetes vir ongelisensieerde bestuurders en ‘n boete vir onwettige storting uitgereik.” 

Conrad Poole, mayor van Drakenstein sê: “Hierdie wys ons is ernstig om die lockdown regulasies, in belang van die gesondheid van die hele Drakenstein gemeenskap, toe te pas.” 

Die eerste burger erken dat die eerste paar dae van die lockdown het met uitdagings gekom.

“Daar is nog te veel mense op ons strate, wat in groot groepe bymekaar ko men selfs drank op straathoeke verkoop.” 

Die munisipaliteit ry intussen met luidsprekers deur die gemeenskappe en maan inwoners om in hul huise te bly. Wetstoepassingsagentskappe sa look voortgaan met hul padblokkades en patrollies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters