13 dae gelede
617 in tronke het nog virus
Die herstelkoers binne die land se tronke lyk goed.  ~ Foto ter illustrasie

DIE aantal gevalle van Covid-19 binne die departement van korrektiewe dienste (DKD) staan nou op 2 311.

Altesaam 1 084 beamptes en 1 227 inmates het al positief vir die virus getoets.

Die goeie nuus is dat 617 ('n persentasie van 72%) van die gevalle al van die virus herstel het. 21 mense is egter al daaraan dood.

Die Oos-Kaap is die provinsie waar die meeste inmates (734) positief getoets het gevolg deur die Wes-Kaap met 452.

Luidens die DKD se verklaring is daar tans net 167 aktiewe gevalle in die Wes-Kaap.

dcs
Die aantal gevalle van Covid-19 wat binne tronke aangeteken is, staan op 2 311.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters