2 maande gelede
50 in Kaapstad herstel van Covid-19
covid19
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images  ~ 

ALTESAAM 50 mense van die Kaapstadse metro wat positief getoets het vir Covid-19 het heeltemal van hul simptome herstel.

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, sê daar is egter steeds drie mense, vanuit die 13 mense in die hospitaal, wat in ICU is.

Winde het ook Dinsdag bekendgemaak dat die provinsie 348 bevestigde gevalle van Covid-19 het.

Die pasiënte wat reeds van hul simptome herstel het, het ook reeds hul 14 dae in self-afsondering voltooi.

Hulle is nou in dieselfde bootjie as die res van die publiek wat aan die regulasies van die lockdown moet voldoen.

Winde het weer by inwoners gepleit om by die regulasie te  hou. 
Wes-Kaap Covid-19 per distrik
  • Stad Kaapstad: 289
  • Tuinroete Distrik: 26
  • Kaapse Wynland Distrik: 22
  • Overberg Distrik: 6
  • Weskus Distrik: 2

Distrik per munisipaliteit:

  • Stellenbosch: 11
  • George: 8
  • Drakenstein: 6
  • Knysna: 6
  • Mosselbaai: 5
  • Overstrand: 5
  • Breedevallei: 4
  • Bitou: 4
  • Hessequa: 3
  • Langeberg: 1
  • Swartland: 1
  • Saldanhabaai: 1

Metro Distrikte in Kaapstad:

  • Metro-Wes: 118

[Atlantis, Milnerton, Maitland, CBD]

  • Metro-South: 104

[Hout Bay, Muizenberg, Wynberg, Ottery, Retreat, Philippi]

  • Tygerberg: 23

[Goodwood, Bellville, Elsiesriver]

  • Metro-North: 17

[Kraaifontein, Brackenfell, Durbanville]

  • Metro-East: 14

[Strand, Somerset, Gordons Bay, Eersteriver, Kuilsriver, Delft]

  • Klipfontein: 7

[Athlone, Manenberg]

  • Mitchells Plain: 5
  • Khayelitsha: 1

Syfers: 00:00 op 31 Maart 2020


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters