16 dae gelede
50 en ouer word aangemoedig om jab te kry
Alan Winde  ~ _anele mfazwe

PERSONE van 50 en ouer loop die grootste risiko vir ernstige siektes en sterftes weens Covid-19 en moet dringend ingeënt word.

Tydens Alan Winde, die premier van die Wes-Kaap, se weeklikse digitale perskonferensie het die Wes-Kaapse departement van gesondheid 'n uiteensetting van Covid-19 verwante sterftes tydens die derde vlaag aangebied.

Tussen 10 Junie en 24 September is daar bevind:

• Van die 215 006 gevalle is 30% onder persone van 50 en ouer;

• Van die 24 445 hospitaaltoelatings is 60% onder persone van 50 jaar en ouer;

• Van die 7 423 sterftes is 83% onder persone van 50 jaar en ouer.

Winde het 'n pleidooi aan inwoners gemaak om die jab te kry.

"Ek doen 'n beroep op veral diegene van 50 jaar en ouer om seker te maak dat hulle ten volle ingeënt word voor die Desembervakansie. Dit is om seker te maak ons almal het 'n veilige en relaxing Desember-vakansie, met die wete dat ons maksimum beskerming teen die virus het."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters