Verlede maand
Wraak brand in pa
TONEEL: ’n Meisie is naby die hoërskool verkrag.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – ’n Daddy sien rooi en wil die reg in eie hande neem nadat sy enigste meisiekind verkrag is.

Die matriekleerder is Sondag in die vroeë oggendure naby haar skool verkrag.

By Son se besoek het die derra gesê sy kind gaan nou deur ’n bitter moeilike tyd in haar lewe.

Tjommies

“Ek probeer my ook kalm hou, maar ek weet nie vir hoe lank nie. Die polisie gaan ’n lyk optel indien ek my beheer gaan verloor,” het die pa teenoor Son gebieg.

Hy vertel dat sy dogter die aand van haar ordeal van tjommies af gekom het.

Volgens die pa het die girl vertel dat sy en ’n vriend huis toe geloop het toe drie jongens by die laerskool se hek uitgeloop kom.

Die jongens was met pangas gewapen en wou hulle aanrand.

Die outjie het toe weggehardloop om hulp te gaan soek.

Volgens die pa het die drie jong skollies sy kind op die grond neergesmyt en haar na die hoërskool ’n hele ent in die straat af saamgesleep.

Sy het aan haar daddy gesê een van die uitvaagsels het haar verkrag terwyl die ander twee met pangas teen haar keel gestaan en toekyk het.

Nadat hulle met haar klaar was, het hulle die hasepad gekies.

“My kind is in die hospitaal opgeneem en daar is bevestig dat sy verkrag is,” vertel die derra.

Volgens hom is een van die skurke aan sy dogter bekend.

Hy sê hy voel om die reg in eie hande te neem, maar hy bly liewer kalm.

Volgens die pa het die polisie verklarings kom afneem en hy het ’n saaknommer gekry, maar niemand is nog in verband met die verkragting in hegtenis geneem nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters