14 dae gelede
Woede wek wraakplan
Te gou weg: Melvinia en haar seuntjie, Jovante Adler, is wreed vermoor.  ~ Verskaf

WORCESTER. – ’n Oud-tronkvoël moet Dinsdag vir sy eie veiligheid smeek dat hy nie bail kry nie.

Moegamat Fortuin (40) staan tereg vir die grusame moord op sy eks-girlfriend en haar klonkie met ’n hamer.

Saterdag by die begrafnisdiens vir Melvinia (30) en Jovante Adler (10) het ’n groepie begrafnisgangers aan Son gesê Frotuin moet sorg dat hy maar in die vier hoeke bly.

“As hy uitkom, kill ons hom,” het van die ouens buite die kerk gesê.

“Hy is ’n flippen gemors. Wat het hom besiel om die mense so wreed dood te maak?

“Ons wag vir hom.”

Net 100 mense is in die Ou Apostoliese Kerk toegelaat.

Buite die kerk het rouklaers na die boodskap van hartseer geluister.

’n Kerksuster vertel Mel­vinia en Jovante was nog verlede week in ’n gebedsgroep.

“Hulle was gelowige mense. Mel het Jovante elke Sondag na die kerk gebring, nog voor die lockdown ook,” vertel die antie.

Klasmaats van Jovante sê hulle bly sterk, maar gaan hom verskriklik mis.

Een maatjie het aan Son sê: “Kan ooms mense so wreed doodmaak?

“Ek is bang dat dit my ook kan oorkom.”

Son het verlede week berig die jong ma en seun is vermoedelik eers met ’n skroewedraaier gesteek en daarna met ’n hamer geslaan.

Son verneem nadat die moorde gepleeg is, het die beskuldigde na bewering die slagoffers se bloed aan sy gesig en oral oor sy lyf gesmeer.

Mislei

Dit wil voorkom asof die beskuldigde die cops wou mislei dat hulle moet dink hy is ook aangerand en vir dood agtergelaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters