2 maande gelede
Witzenberg-betogings versprei soos veldbrand
rook: Die ou brandweerstasie is aan die brand gesteek.Foto: mark mentor  ~ 

DIE betogings in die Witzenberg-streek het nou na Nduli in Ceres uitgebrei.

Die polisie en die munisipale wetstoepassers het gister hulle hande vol gehad om reg en orde te handhaaf. Betogers het tyres gebrand en paaie met boomstompe toegemaak.

Terwyl die brandweer aan die een kant toegemaak het, het betogers maar net geskuif na die ander kant.

Die burgemeester, Benito Klaassen, en die munisipale bestuurder, David Nasson, het op die toneel aangekom vir onderhandelinge, maar hulle was nie bereid om te praat nie, omdat dit te gewelddadig is.

Nasson sê die staking gaan oor elektrisiteit en behuising.

Geskree

“Daar word gewerk aan die probleem. Ons is besig met die behuisingsprojek in Vredebes. Die behuising is vir alle rasse. Ons wil hê almal moet integreer,” sê Nasson.

Die mense het geskree: “Ons wil krag en huise hê!”

Drie polisiemanne is beseer toe hulle met klippe bestook is. Hulle is in die hospitaal behandel en daarna ontslaan.

’n Seun is ook beseer toe die polisie retaliate en met rubberkoeëls op die mense losbrand.

Die gemeenskap van Wolseley net buite Ceres het ook gister oor dienslewering betoog.

Van die betogers is gearresteer en is later op R500 bail vrygelaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters