4 maande gelede
‘Winskopie’ kos jong man sy lewe
FredericoWilliams (24)foto vERSKAF  ~ 

’N FAMILIE soek geregtigheid nadat ’n jong man in ’n voorval van mob justice om die lewe gebring is.

Frederico Williams (24) is verlede Sondag in Paarl-Oos doodgeslaan – na bewering oor ’n gesteelde jacket.

Sy familie sê hy het die jacket by ’n vriend gekoop, onbewus daarvan dat dit gesteel is.

Frederico het die jacket toe Sondag aangehad toe hy in Monicastraat in Smartie Town geloop het.

’n Groep mans het hom omsingel en begin slaan en met messe aangeval.

Volgens Hilton Williams, Frederico se oom, het die mans net begin slaan sonder om enige vrae te vra.

Hilton sê: “Hulle het sy lewe gevat vir ’n jacket terwyl hy om genade gesmeek het. Hy het aanhoudend geskree dat hy nie die jacket gesteel het nie.

“Hulle wou nie luister nie en het net aangehou om hom aan te rand.

“Ons soek geregtigheid. Hulle kan nie net die wet in eie hande neem nie.”

Gemartel

Sy tante, wat verkies om anoniem te bly, sê: “Hy het die jacket glo vir R20 by sy vriend gekoop.

“Hy het nie geweet dis ’n gesteelde jacket nie.

“Hulle het hom met die jacket gesien en hom begin aanrand. Hulle het hom gemartel en verskeie kere in die rug steek.

“Hy is ook gesleep terwyl hy gesmeek het vir sy lewe.

“Genoeg is genoeg.

“Hulle kan nie met moord wegkom nie.”

Die cops het intussen twee verdagtes van onderskeidelik 45 en 46 jaar oud vir die moord gearresteer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters