4 maande gelede
Williams ontvoer glo meisie se antie
Die cops vat Johan Williams hof toe.  ~ 

JOHAN Williams het ook na bewering sowat ses jaar gelede vir Natalie Jonkers, sy girlfriend se antie, ontvoer.

Tot vandag toe het haar familie haar nog nooit weer gesien nie.

Haar ouma het gister aan Son vertel dat hulle destyds alna Son toe wou kom met Williams oor hy nie bos wil los oor wat hy met Jonkers gemaak het nie.

Volgens die ouma het Jonkers baie skuld gehad en het Williams gesê hy ken iemand wat haar kan help.

Die ouma vertel: “Hy het haar kom haal en gesê hy sal haar na die persoon toe neem. Hy het nog vir my gesê ek moenie worry nie.

“Toe ek die Maandag bel, het sy haar foon geantwoord en gesê ons moenie worry nie, sy sal terugkom.

“Dit het laat geraak en ons bel toe weer. Hierdie keer was haar foon af.

“Ons het toe ’n saak by die polisie gemaak, maar hy wil tot vandag toe nie sê wat hy met my kleinkind gemaak het nie.

“Ons het haar nog nooit weer gesien nie.”

Volgens die ouma weet sy nie of die polisie steeds daardie saak ondersoek nie.

Roep

Die ouma van Williams se meisie sê sy was erg geskok toe sy Maandagaand haar kleindogter saam met Williams sien op Ongegund, die plaas by Wellington waar die cops hom vasgetrek het.

Die ouma vertel: “Hy was by sy vriend, wat vir hulle kos gegee het om te eet.

“Hy het toe vir my laat roep, en toe ek daar kom, toe sê hy ek moet kom kyk hoe my kleinkind lyk.

“Sy het my vertel Johan wou haar tong met ’n tang uitruk en wanneer sy probeer wegkom het, het hy haar sommer met ’n mes gegooi.

“Hy het haar heeltyd as gyselaar aangehou en verkrag.”

Volgens die ouma het haar kleinkind reeds ’n verklaring aan die polisie gegee.

Toe die polisie genader is oor die verdwyning van Jonkers, het hulle weer gesê dat die saak in die hof is en hulle dit tans ondersoek.

Williams verskyn op 13 Julie weer in die hof.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters