Verlede maand
Werkers op plaas sue oor hostels
protesaksie: Die werkers betoog ’n paar maande gelede op die N2-snelweg vir hulle regte. Die gemeenskap het hulle gejoin. Foto: MELINDA STUURMAN  ~ 

PLAASWERKERS by Oak Valley in Grabouw sleep hulle base vandag hof toe.

Die hofsaak tussen die arbeiders en Oak Valley Farm Estate sal na verneem word aangehoor word in die gelykheidshof, wat by die Kaapse hooggeregshof sit.

Luidens ’n verklaring van die Commercial Steve­doring Agricultural and Allied Workers’ Un­ion (CSAAWU) is die twee ander respondente Tru-Cape Fruit Marketing en die Two-a-Day Group, die labour broker wat sommige van die plaaswerkers huur.

Enkelkamers

In die saak vra die werkers die hof om hulle verblyf- en werksomstandighede te ondersoek.

Volgens Karel Swart, woordvoerder van die CSAAWU, is daar meer as 40 werkers by die saak betrokke.

Swart sê: “Al die werkers in die saak bly in hostels net vir mans, waar hulle in enkelkamers bly met vier mense in elke kamer.

Rassisties

“Al die werkers is oorspronklik van die Oos-Kaap en hulle is nie toegelaat om hulle families te bring om saam met hulle te bly nie.

“In hofdokumente sê die werkers hulle verblyf-omstandighede skend hulle menseregte en dis rassisties.

“Net swart werkers bly in hierdie hostels. Al die werkershuise is net aan bruin werkers voorsien.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters