4 maande gelede
Werker se fout laat talle skrik
Rookwolk: Mense staan buite die winkel rond.Foto: samuel walters  ~ 

WELLINGTON. – Toe die alarm van Cash Crusaders­ in die Market Square Mall Maandag 15:00 afgaan, het verskrikte omstanders gemeen dis ’n bomaanval ’n rooftog of iets.

Geskokte personeellede en klante het buitentoe laat spat en daar saamgedrom.

Maar dit was toe net die panic button wat per ongeluk gedruk is.

Dié soort panic-alarm het ’n ingeboude smokescreen, glo om rowers se aandag af te lei.

Ondersoek

Die cops en sekuriteitspersoneel van die mall was vinnig op die toneel.

By nadere ondersoek is gevind een van die werkers het per ongeluk die panic button gedruk. Werkers van ander winkels en omstanders het vertel die hele petalje het hulle behoorlik laat skrik.

Cash Crusaders se personeel moes ’n rukkie buite wag totdat die rook gewyk het voordat hulle weer soos normaal kon voortgaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters