Verlede maand
Weduwee van vermoorde boer kry borgtog
Zurenah Smit met haar hofverskyning in Desember.  ~ Jaco Marais

DIE vrou wat van haar wynboerman se moord aangekla is en haar medebeskuldigde is albei borgtog van R10 000 toegestaan.

Zurenah Smit en Derek Sait, 'n oud-cop, bly egter agter tralies en staar aanklagte van diefstal en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

News24 berig dit hou verband met twee vuurwapens wat na bewering uit die kluis van Smit se man, Stefan Smit, in 2018 gesteel is. Na bewering is een van die twee ook gebruik om Smit op 2 Junie 2019 te vermoor.

Smit is doodgeskiet in wat beskryf is as 'n sluipmoord, wat laat lyk is of dit uitgevoer is deur grondbesetters. Sy vrou en Sait, wie 'n lid van die veiligheidspan wat wat aanvalle op plase ondersoek het en 'n lyfwag is 'n jaar en 'n half na die moord gearresteer.

Zurenah, Smit en 'n vriend het ete gehad die aand van beweerde rooftog, toe gewapende verdagtes die woning deur 'n oop deur bekom het. Net Smit is geskiet en sy aanvallers het gevlug met twee selfone en 'n handsak.

Landdros Sadiqah Haroun Guendouz sê terwyl die twee skedule ses aanklagte in die gesig staar, wat die onus op die beskuldigde plaas om te bewys daar is uitsonderlike omstandighede vir hul vrylating, het die Covid-19-pandemie ons ook in vreemde en moeilike tye kom plaas. "Dit het druk op die ekonomie, gesondheidsorg en regstelsel geplaas."

Sy voeg by: "Uit my observasie uit net hierdie distrik is verhoorafwagtendes vir langer tydperke in aanhouding as normaal.

"Die feit dat Sait die enigste broodwinner in sy huis is en Smith 'n aantal siektes het, is in my mening normale omstandighede. Mens sit dit egter in konteks van die tye waarin ons lewe met 'n sukkelende ekonomie en waar onderliggende siektes tot Covid-verwante sterftes kan lei. Hierdie gewone omstandighede bied hulself tot 'n uitsonderlike vlak."

Volgens die regter was die staat ook nie baie suksesvol om geldige gronde te bied waarom die beskuldigde in aanhouding moet bly nie.

Die twee is onder huisarres geplaas en mag hul wonings slegs verlaat vir mediese, besigheid of regsafsprake. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters