16 dae gelede
Wapen-ou vas op rits klagte
Photo by Bill Oxford on Unsplash
Die 41-jarige man gaan op 'n rits klagte in die hof verskyn.  ~ Foto ter illustrasie

DIE eienaar van 'n wapenwinkel in Durban, wat na bewering wapens aan bendes in die Wes-Kaap verkoop het, verskyn na verwagting vandag in die Worcester-landdroshof.

Die 41-jarige verdagte is laas week gearresteer.

Zinzi Hani, 'n Valke-woordvoerder, sê die verdagte se arrestasie het gekom nadat die polisie op 17 onwettige vuurwapens in George beslag gelê het. Die wapens is vanaf Johannesburg vervoer.

Hani sê die vuurwapens was bestem vir bendes in Kaapstad.

'n Verdere 44 vuurwapens is tydens die ondersoek by sy besigheid gekonfiskeer.

Die verdagte staan tereg op meer as 60 klagte wat moord, poging tot moord, bedrog en geldwassery insluit. - SABC News

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters