7 dae gelede
Vyf mans vermoor by taxi’s in Ceres
Vyf mans is Dinsdag koelbloedig vermoor.  ~ Foto ter illustrasie

DIE cops is steeds op soek na drie verdagtes ná ’n dodelike skietery by die taxi rank in Ceres.

Vyf mans is Dinsdag in die voortslepende taxigeweld in Ceres koelbloedig vermoor toe drie gewapende mans op die taxi drivers begin skiet het.

Volgens brig. Novela Potelwa, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval Dinsdag 07:00 by Vredebes se taxi rank voorgekom.

Potelwa sê: “Vier mans is op die toneel dood en nog een is ernstig gewond en na die hospitaal geneem. Hy het later in die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Verbind

“Die polisiespeurders en forensiese span het die moord­toneel by die taxi rank Dinsdag ure lank deursoek en gefynkam vir leidrade.”

Die name van die slagoffers is nog nie bekend nie en die skietvoorval kan met die voortslepende taxi-konflik in die area verbind word.

Intussen is ekstra cops en lede van die polisie se eenheid vir openbare orde (Pop) in die area is ontplooi.

Enigeen met inligting kan die polisie se tolvrye Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 bel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters