11 dae gelede
Vyf gesinne dakloos na brand
brand
SPRING IN: Jong laaities in die gemeenskap help om die verbrande materiaal op te tel.  ~ Peter Abrahams

VYF gesinne is dakloos gelaat en nog twee gesinne se huis het erge skade opgedoen weens 'n brand.

Niemand is beseer in die brand wat Dinsdagaand omstreeks 19:45 in die Paarl-Oos uitgebreek het nie.

Volgens Godwill Malan, ’n gemeenskapsleier, kon almal hul geliefdes vinnig genoeg uit hul wonings red.

Malan het aan Son gesê dit is nog nie duidelik hoe die brand ontstaan het nie.

"Drakenstein-munisipaliteit moet ook nog 'n evaluering doen oor die moontlike oorsaak."

Volgens hom is die 21 mense wie nou dakloos is al meer as 25 jaar op die behuisingswaglys.

Die inwoners wat in die hokke woon het al 25 jaar gelede onwettig 'n stuk grond beset, oor hulle nie behuising het nie.

Malan vertel: "Ek voel jammer vir die mense.

"Hulle gaan nie gehelp word nie.

"Sondag het daar ook vyf huise hier gebrand en daardie mense wag steeds op hulp van die munisipaliteit.

"Ek weet van mense wie se huis al laasjaar gebrand het en steeds is hul huise nog nie reggemaak nie.

"Van daai mense moes in tente gaan bly, wat deur die munisipaliteit opgesit is."

Hy noem ook dat van die huise wat nie reggemaak word nie, word demolish."

Drakenstein-munisipaliteit het teen druktyd nog nie op navrae reageer nie.

Lees ook die volledige artikel Donderdag 7 Oktober in Son Koerant.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters