8 dae gelede
Vyf dood in Ceres-taxi skietery
Vyf mense het in Ceres, by 'n taxi rank hul lewe in 'n skietvootval verloor  ~ Foto Ter Illustrasie

Speurders van die provinsiale taxi-taakspan is steeds besig om die toneel waar vyf mense in 'n skietvoorval, doodgeskiet was, te fyn kam.

Die voorval het Dinsdagoggend omstreeks 07:00 in Vredebed, by 'n taxi rank in Ceres plaasgevind.

Brig. Novela Potelwa, 'n polisiewoordvoerder, verduidelik inligting wat van die misdaadtoneel ontvang is dui daarop dat drie verdagtes by die voorval betrokke was.

Volgens Potelwa is die drie nog nie geïdentifiseer nie.

"Daar word verstaan dat die drie op die taxi-rank losgebrand het. 

"Die voorval volg die skietdood van vier slagoffers op die toneel en 'n ander een wat in die hospitaal aan sy wonde beswyk het.

"Die identiteit van die oorledene moet nog bekend gemaak word."

Potelwa voeg by dat die skietvoorval met taxi-konflik verband hou.

"Lede van die openbare orde-polisie (POP) en plaaslike polisie, is na die gebied ontplooi vir kalmte."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters