27 dae gelede
Vyf beseer toe bakkie teen trok bots
s
Vyf mense is beseer in ’n botsing tussen ’n trok en ’n bakkie.  ~ Verskaf

VYF mense is Saterdag in ’n ongeluk tussen ’n bakkie en ’n trok beseer.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911 sê Netcare 911, die brand-en-reddingsdienste en ander dienste het Saterdagmiddag 13:13 gereageer op ’n oproep oor ’n ongeluk op die R44 in die Kaapse Wynland.

’n Trok en bakkie was in die botsing betrokke.

Dokters het die toneel beoordeel en bevind dat vyf insittendes van die bakkie ligte tot ernstige beserings opgedoen het.

Al die pasiënte is op die toneel behandel voordat hulle per privaat en metro-ambulans na die hospitaal vervoer is vir verdere sorg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters