19 dae gelede
Vuur vat sibbes in ’n shack
gebroke: Nazeem Damonds hurk op die plek waar sy twee jong kinders gesterf het. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – ’n Boetie en sy enigste sussie het dié naweek in hul shack verkool.

Die tragedie het Saterdag omstreeks 20:00 in Olienstraat plaasgevind.

Curwin Williams (3) en sy sussie, Nazel (5), was alleen in hul sinkhuis toe dit aan die brand slaan.

Hul gebroke daddy, Nazeem Damonds, sê met trane in sy oë hy weet regtig nie wat gebeur het nie.

Hy vertel snikkend: “Ek was nie by die huis toe die plek aan die brand geslaan het nie.”

Volgens hom het mense na hom gaan gesoek.

Hy het na die huis gehol, maar teen daai tyd was dit reeds te laat.

Damonds sê aan Son hy het verneem ’n kers het op die een of ander manier die brand veroorsaak.

Hy sê hy het sy girlfriend gevra wat gebeur het.

“Sy het gesê sy het die kers uitgedoof en toe ’n draai gaan loop.”

Die girlfriend wou geen kommentaar lewer nie.

Gister het buurmense nog op die toneel gestaan.

Hulle was baie emosioneel oor die dood van die twee klein kindertjies.

Kapt. Jeff Lakey, ’n woordvoerder van die polisie, sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters