29 dae gelede
Vuilgoed dump babatjie in vullisdrom
Skarrel: ’n Bergie het op die dooie weggooi­babatjie afgekom. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

WORCESTER. – ’n Hartelose stuk gemors het ’n baby soos vullis in ’n drom gegooi en toe spore gemaak.

Dié hartseertoneel het hom Dinsdag vroegaand op die dorp se kerkplein afgespeel.

Son verneem ’n bergie het in vullisdromme vir kos geskarrel toe hy op die baba afgekom het.

Tans is dit nog onduidelik of die skuldige – vermoedelik die ma – die baba doodgemaak het en of sy die arme klonkie net so lewend in die asblik gegooi het.

Die bergie het na die polisiestasie gegaan en die voorval aangemeld.

Die cops se forensiese eenheid het die baba in die drom blou in die gesiggie aangetref en op die toneel dood verklaar.

Herby Kannemeyer, ’n inwoner van die dorp, sê dis heeltemal onaanvaarbaar as ’n ma so iets doen.

Tralies

Inwoners het in die social media ook behoorlik hieroor gal gebraak. Baie stem saam die ma hoort agter tralies.

AO Julian Plaatjies, ’n polisiewoordvoerder, sê die babaseuntjie was vermoedelik tussen twee en vier maande oud.

Plaatjies het bevestig ’n onbekende man het op die liggaampie afgekom terwyl hy kos in die vullisdrom gesoek het.

Geen arrestasies is nog gedoen nie. AO Sylvester Joseph van die polisie sê die cops soek na die ma.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters