12 dae gelede
Vroue word met selfverdediging bemagtig
selfverdediging
HULP: "Die doel is om vroue te bemagtig, om teen misdaad op te staan en nie nog 'n statistiek te word nie," sê Gesa Cooper  ~ 

VROUE van Barrydale en Smitsville sal later hierdie maand selfverdediging geleer word.

Die werkswinkel aangebied deur die nuutgestigde Barrydale-opleidingshub, wie poog om die gemeenskap te uplift.

Gesa Cooper, van die nie-winsgewende organisasie, sê hulle het talle vaardigheidsontwikkelingsprogramme. 

"Die gemeenskap het 'n behoefte aan bemagtiging en ons programme sluit in van boerdery tot rekenaaropleiding en konstruksie.

Sy voeg by dat die selfverdedigingswerkswinkel maandelikse vir Barrydale, Smitsville en die omliggende gemeenskappe aangebied sal word.

"Die doel is om vroue te bemagtig, om teen misdaad op te staan en nie nog 'n statistiek te word nie."

Cooper voeg by hulle werk ook saam met maatskaplike werkers, die polisie en ander organisasies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters