10 dae gelede
Vrou wil kids dwelmvry kry
SAMARITAAN: Amanda Meyer wil jonges uit die greep van dwelms probeer bevry.  ~ Basil Davids

ASHTON. – Hordes kinders van dié dorp en die omliggende plase is vasgevang in die kloue van dwelmverslawing.

’n Bekommerde gemeenskapsleier, Amanda Meyer, sê sy het al opnames gedoen veral onder tieners wat struggle met dwelmverslawing.

Meyer sê die kids se enigste ontvlugting is drugs en hul lewe gaan agteruit.

Meyer sê sy wil baie graag dié kinders uit hul nood help, maar sy verneem so ’n verslaafde moet eers vooraf R25 000 uithaal voordat ’n rehab hom of haar sal aanvaar.

Son het by ’n paar van die kids gevra of hulle Meyer se hulp wil hê.

Baie van hulle was skepties en agterdogtig.

Een outjie (16) wie se naam weerhou word omdat hy minderjarig is, sê hy wil baie graag van die drugs ontslae raak, maar dis bitter moeilik.

“Ek tik al die afgelope ses jaar. Ja, ek was net 10 jaar oud toe ek aan tik voorgestel word,” het hy homself eerlik en reguit gepiemp.

Hy sê hy sal enige hulp aanvaar wat sy kant toe kom.

Nog ’n laitie (14) was by Son se besoek so dik gedrug dat een van sy tjommies hom moes vashou omdat hy nie op sy eie voete kon staan nie.

Dié klong het snot en trane begin huil op die vraag hoekom hy sy lewe so weg-drug.

Gretig

“Ek steel elke dag van my lewe net om ’n tiklollie te kan rook,” het hy huilerig aan Son vertel.

Van dié outjies sê hulle sien gretig uit na Meyer se hulp.

Meyer is tans besig om die kids te help om so spoedig moontlik in ’n rehab te kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters