2 maande gelede
Vrou sterf ná sy van bakkie val
fratsONGELUK: Delia van Rooyen het haar lewe by die spoedwal verloor. Foto ter illustrasie: BASIL DAVIDS  ~ 

MONTAGU. – ’n Vrou is Saterdag begrawe nadat sy in ’n fratsongeluk gesterf het.

Delia van Rooyen (24) het agter op ’n oop bakkie gesit toe die voertuig oor ’n spoedwal gery en sy afgeval het.

Son verneem by ’n ooggetuie wat die 18­jarige driver ken, dié het nie ’n bestuurderslisensie nie.

“Toe hy oor die spoedwal ry, het Delia voor van die bakkie afgeval.

“Die bakkie se agterwiel het toe oor haar borskas gery.

Oorgegee

“Delia is op slag dood. Hy het eers stilgehou, maar het toe met ’n spoed weggejaag,” sê die ooggetuie.

Volgens die ooggetuie het die bestuurder ná ’n ruk teruggekeer na die ongelukstoneel en hom aan die cops oorgegee.

Van Rooyen se familie was Saterdag op haar begrafnisdiens verpletter.

’n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters