14 dae gelede
Vrou se lyk nog missing ná water bakkie vat
steeds weg: Die lyk van Sonia Mouries is steeds soek. Foto: BASIL DAVIDS  ~ 

ASHTON. – Die liggaam van die vrou wat verlede week deur ’n stroom weggevat is, is steeds missing.

Son het Vrydag berig hoe Sonia Mouries (48) onder die water verdwyn het.

Sy het saam met ander werkers agter op ’n plaasbakkie gesit toe ’n plaasboer met hulle deur ’n rivier gery het.

Die rivier het sterk afgekom ná die onlangse goeie reën.

Die plaaswerkers het nog geskreeu dat die boer reguit op die laagwaterbrug moet hou, maar hy het nie.

Die bakkie het omgeslaan. Die werkers het afgeval. Die stroom het hulle meegesleur.

Hulle het aan boomtakke en mekaar vasgeklou om nie te verdrink nie. Mouries was egter nie so gelukkig nie. Sy het onder die water verdwyn.

AO Sylvester Joseph, ’n woordvoerder van die polisie, het bevestig hulle duikeenheid soek steeds na Mouries se liggaam.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters