22 dae gelede
Vrou se bates is steeds ’n las
BESKERM: Johan Smith hou sy vrou, Maria Lombaard, vas wat swaar dra aan haar las.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Sewe jaar het al verbygegaan en sy dra haar groot tiete steeds met haar saam.

Maria Lombaard (42) het die laaste jare baie selde ’n voet uit haar jaart gesit oor sy baie skaam is vir haar liggaam.

’n Skugter Lombaard sê nadat Son destyds oor haar groot kanne berig het, het mense haar bespot.

Sy sê mense maak aanmerkings soos: “Dis mos daai vrou wat in die Son was met die groot borste wat nes moerse pampoene lyk.”

Sedertdien het sy besluit om eerder ’n kluisenaarsbestaan te voer.

Son het nog destyds berig hoe mense aangebied het om haar te help.

Sy is selfs by die Tygerberg Hospitaal ondersoek, maar daar het toe niks van gekom nie.

Volgens Lombaard se man, Johan Smith (52), kry hy sy vroutjie baie jammer.

“Sy het so gedroom dat haar borste kleiner gemaak gaan word, maar toe het dinge nie uitgewerk nie,” vertel Smith afgehaal.

Volgens hom word Lombaard baie moeg en hy moet die huishouding daagliks in orde hou.

“Dit is vir ons en die kinders baie moeilik om hulle ma in so ’n toestand te sien,” sê Smith mismoedig.

Volgens hom dra sy vrou ook nie ’n bra nie, want haar size is nie in die winkels nie.

Ouderdom

Lombaard sê haar borste is baie groot en dit maak haar moeg.

“Ek wens net dat daar mense is wat my kan help om net soos ander vroue van my ouderdom te lyk,” sê Lombaard desperaat.

  • Mense wat graag wil help, kan Lombaard gerus by 062 513 1015 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters