20 dae gelede
Vrou op plaas in Klapmuts-omgewing aangeval
 ~ foto ter illustrasie

‘N VROU is Dinsdagoggend in die hospitaal opgeneem ná sy op hul plaas in die Klapmuts-omgewing aangeval is.

Sy is aangeval deur ‘n onbekende getal gewapende mans wat toegang tot hul huis verkry het.

Die vrou en haar twee kinders is binne die huis gekry toe paramedici om 06:30 daar opdaag.

Die vrou het ‘n kopwond opgedoen terwyl die kinders ongedeerd was.  – ER24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters