16 dae gelede
Vrou hopelik gou uitgeken
Miché Pienaar
Miché Pienaar  ~ 

WOLSELEY. – Die cops hoop om binnekort die identiteit vas te stel van ’n derde vrou wat vermoedelik deur dieselfde man vermoor is.

Die polisie wag nog op die uitslae van DNS-toetse om haar oorskot positief uit te ken.

Volgens ’n betroubare bron het ’n familie van hier na vore gekom om die oorskot te identifiseer wat ver­lede maand in ’n vlak graf gevind is.

Die bron sê: “Die polisie is optimisties, maar hulle wil nog nie die familie of naam bekend maak nie. Die enigste manier om die oorskot te identifiseer, is deur DNS-toetse, oor dit net beendere is wat oorgebly het.”

Intussen is die tweede slagoffer, Miché Pienaar (25), Saterdag in Wolseley begrawe. Haar familie kon haar eindelik ter ruste lê nadat sy deur haar vingerafdrukke uitgeken is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters