20 dae gelede
Vrinne moet hol oor brawl
EINA! Jamiel Beukman bekyk die moewiese skade aan die kar. Foto’s: BASIL DAVIDS  ~ 

ROBERTSON. – Twee broers sê die cops het net gestaan en toekyk terwyl snotkoppe ’n kar opgesmash en die driver en sy pelle aangerand het.

Jamiel Beukman (23) sê hy en sy tjommies het Saterdag met hulle kar buite ’n bekende dansplek afgekoel.

Verlede Sondag omstreeks 03:00 het ’n dronk ou teen die Golf geval. Toe hy ’n tweede keer teen die kar val, het Jamiel gesê hy moet wegstaan.

“Die outjie het hom vererg en op die kar se bonnet gespring,” vertel Jamiel.

Volgens Jamiel het mense – onder wie laities met bierbottels – op hulle afgestorm toe hy die dronkie aanspreek.

Freddie Beukman (28), Jamiel se broer, sê ’n man het hom met ’n Castle Lite-bottel byna lights out geslaan.

Jamiel sê hy het ook ’n kophou gekry. Hy vermoed iemand het hom met ’n panga geslaan.

Die bloed het behoorlik gespat.

Die cops het opgedaag, maar volgens die broers nie ’n vinger verroer om die aanranding stop te sit nie.

Jamiel beweer die twee vriende wat by hulle was, het ook deurgeloop.

Freddie sê ’n jong het twee van die kar se ruite met ’n wheel spanner uitgeslaan – terwyl die cops daar was.

“Ek het nog gevra of hulle dan niks gaan doen nie. ’n Polisievrou het net gesê hulle kan niks doen nie,” sê Freddie teleur­gesteld.

Toe die cops ry, het ’n jong volgens Freddie ’n paar laities beveel om die kar op sy dak te gooi.

’n Ooggetuie sê die ou wat die laities opgesteek het, het nie reg opgetree nie.

“In die eerste plek was die mense verkeerd om daai arme ouens so aan te rand en nog boonop die kar te smash en op sy dak te gooi.”

Die res van die kar se vensters het ook gewaai.

Die laities het na bewering die kar begin strip en die tyres flenters gesteek.

Sake

“Ons moes weghol, want daai mense wou ons toe verder aanrand,” sê Freddie.

Jamiel sê hulle het die kar later die Sondagoggend getow. Duisende rande se skade is aangerig. Jamiel sê die kar is nie verseker nie.

Jamiel en Freddie het later die oggend sake gemaak en saaknommers gekry.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters