19 dae gelede
Vragmotor ry in brugpilaar vas
dfd
'n Vragmotor het Vrydagoggend in 'n betonpilaar vasgery.  ~ Foto Verskaf

DIE omstandighede word nog ondersoek rondom 'n voorval waarin 'n vragmotor Vrydagoggend teen 'n betonpilaar van 'n brug op die N1 vasgery het.

Die voorval het naby Klapmuts gebeur.

In 'n video, wat 'n verbygaande motoris gemaak het, wys dit die skade aan die voorkant van die vragmotor.

Die ongeluk het opnuut die debat laat ontstaan oor die veiligheid van swaar voertuie op nasionale paaie.

Intussen het Kenny Africa, voormalige provinsiale verkeershoof, Woensdag voor die staande komitee oor landbou, die gevare aangeraak oor die vervoer van plaaswerkers.

Africa, nou 'n spesialis in verkeerswetstoepassing, het gevra vir 'n verandering.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters