17 dae gelede
Vraestel was ‘so tussenin’
HARDE WERK: Luciano Booysen (19) sê hy strap homself in om voor die boeke te sit dié naweek vir Maandag se wiskunde- vraestel.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Die wiskundevraestel was gister vir baie matrieks ’n kopkrapper.

Gister het die matrieks hul wiskunde-vraestel 1 geskryf.

Sekere matrieks van Hoërskool Langeberg sê die vraestel was nie maklik nie en ook nie moeilik nie.

Hulle beskryf dit as so “in between” en sê hulle moes soms kopkrap.

Jo-Maré van Rooy (18) sê die vraestel was nie maklik nie.

“Dit was ’n bietjie aan die moeilike kant, maar ek sal definitief die vraestel slaag,” sê Van Rooy selfversekerd.

Kinderspeletjies

Haar maats sê ook dit was nogal taai en meen as hulle meer tyd kon gekry het, sou dit ook baie beter gegaan het.

Conwin Hill (19) stem saam dat die vraestel nie kinderspeletjies was nie.

“Meer tyd sou in ons guns getel het,” beaam Hill.

Volgens hom sal hy beslis ’n goeie slaagsyfer behaal.

Luciano Booysen (19) is glad nie geworry oor die vraestel nie.

Booysen het hom goed voorberei en verwag ’n 70%- slaagsyfer.

Die matrieks gaan hulle nou begin voorberei vir die wiskunde-vraestel 2, wat Maandag geskryf word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters