11 dae gelede
Vraestel vir nóg ’n vak mak
OPGEMAAK: Michan Adendorf (18), Faizel Adendorff (20) en Allison Adams (18) sê die vraestel was verspot maklik.  ~ Basil Davids

ROBERTSON. – Die matriekklas van 2020 blyk hul eindeksamen behoorlik kaf te draf.

Gister het die matrieks van Hoërskool Langeberg omtrént almal met ’n breë smile uit die eksamenlokaal gekom. Hulle het sakestudie geskryf.

Een matrikulant het aan sy tjommie gesê die vraestel was sommer chips.

’n Ander matriekleerder het gespog hy het die vraestel verpletter.

Michan Adendorf (18) is baie ingenome met die maklike vraestel.

“Definitief wink ’n A-simbool vir my,” het Michan opgewonde gesê.

Haar tjommies Faizel Adendorff (20) en Allison Adams (18) sê tot dusver is ál die vraestelle baie maklik.

Die leerders meen met dié dat Covid-19 hulle gekeer het om skool toe te kom, het die ­departement van onderwys seker besluit om alle vraestelle só op te stel dat dit net regverdig sal wees teenoor die matrieks wat baie skooldae verloor het.

Allison sê tog hulle moenie nou dink al die vraestelle sal so maklik wees nie.

“Ons kan nie nou agteroor gaan sit nie. Nee, ons moet nou eers skouer aan die wiel sit.”

Die matrieks sê hulle sien nou uit na Dinsdag, wanneer hulle Afrikaanse letterkunde hopelik lag-lag sal aandurf.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters