Verlede maand
Vordering met brande in Wynland-distrik
val de vie,du toitskloof brand,bergbrand
'n Foto van die brand wat woed vanaf die Val de Vie-landgoed.  ~ John Wilkinson

DIE brandweerdienste van die Kaapse Wynland-distriks-munisipaliteit bevestig dat daar goeie vordering gemaak is met die brande wat die afgelope twee dae woed.

Jo-Ann Otto, ‘n woordvoerder vir die KWDM, sê: “Die brand tussen die Ou Pas en die N1 is met sukses onderbedwang gebring. 

“Weens die hoë temperature en warmgrond is die kanse dat dit weer kan opvlam groot.”

Die brand het Dinsdag begin en brandbestryding is bemoeilik deur die warm weerstoestande.

Brandbestryders het vroegaand nog gesukkel met die brand in die Wemmershoek-omgewing.

“Afgesien van die spanne op die grond sal die helikopter ook voortgaan om tot sonsondergang water te drop.

“Spanne sal regdeur die nag in die berg bly en almal is vol vertroue dat die kombinasie van grondspanne, hulpbronne, koellug en geen wind tot ‘n suksesvolle brandbestryding sal lei.”

Die brand in ‘n omgewing van gemengde fynbos sowat 5km buite Ceres is onder beheer. 

Otto sê terwyl die helikopter terug geroep is sal grondspanne, brandbestryders en voertuie deur die nag op die toneel bly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters