6 dae gelede
Vloede eis 2
SLAGOFFERS: Die families van Natasha Vollenhoven (11) en Michayla Davids (11), albei gr. 6-leerders, is in rou.Foto’s: FACEBOOK  ~ 

TWEE laerskoolleerders van Riviersonderend het Dinsdag verdrink nadat hulle gedurende oorstromings meegesleur is.

Die lyke van Michayla Davids (11) en Natasha Vollenhoven (11), albei gr. 6-leerders, is Dinsdagaand uit die rivier gehaal.

’n Stortvloed het sedert Sondag in Riviersonderend uitgesak.

Die strate het in riviere verander en huise is oorstroom.

Ete

Die twee leerders van die plaas Soutrivier het Dinsdagoggend in die vloedwater voor Michayla se huis gespeel.

Volgens Riaan Davids (38), Michayla se pa, het hulle ná ete die middag saam met nog twee maatjies in die vloedwater gaan speel.

Hy sê: “Ons het hulle gewaarsku om nie in die water te speel nie.

“Hulle was so opgewonde en het in die water, wat ’n bietjie laer gesak het, gespeel.

“Agter ons huis loop ’n sloot, wat oorstroom het.

“Hulle het in die sloot gaan speel, wat sterk afgekom het.

“Die twee meisie is deur die sterk vloedwater meegesleur en het verdrink.”

Wesley (13), Michayla se broer, verduidelik: “Ons het in die water voor die huis gespeel.

“Toe het ons na die stroom agter die huis gegaan. Die water was sterk en my suster se kop het onder die water verdwyn.

“Sy het nie geweet hoe om haarself bo die water te hou nie.

“Ek het haar probeer help, maar die stroom was te sterk.

“Hulle al twee het onder die water verdwyn en ek het hulp gaan soek.”

Volgens Riaan het polisieduikers hulle lyke die aand gekry naby die plek waar hulle verdrink het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters