16 dae gelede
Vlamme verkool man in sinkhok
vlammehel
BLUS: Brandweermanne swoeg om die brand onder beheer te kry. FOTO: Basil Ddavids  ~ 

ASHTON. – ’n Onbekende man het Saterdag helder oordag in sy sinkhok verkool.

Die tragiese voorval het in die Zolani- informele nedersetting gebeur.

Volgens ooggetuies het hulle die middag rook uit die shack gesien borrel. Binne oomblikke het die vlamme hoog gestaan.

Die mense van die omgewing het vergeefs die vlamme onder bedwang probeer bring.

Entjie

Die brandweer was vinnig op die toneel en het die vlamme uitgedoof.

Paramedics het toe die man se verkoolde oorskot gevind.

Die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar daar word bespiegel dat die man met ’n brandende entjie aan die slaap geraak het.

Kapt. Jeff Lakey, die stasiebevelvoerder, het bevestig ’n man het in Zolani doodgebrand.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters