3 maande gelede
Vier vas vir plaasaanval
 ~ 

'N PERSOON wat deur 'n Klapmuts-familie gehuur is om hulle huis te renovate is deel van vier mense wat gearresteer is in verband met 'n rooftog op hul plaas.

Die vier mense (20, 24, 25 en 28 jaar oud) het glo 'n vrou beroof op 'n plaas naby die N2-afdraai.

Die voorval het die oggend van 4 Junie plaasgevind - in dieselfde week wat Stefan Smit op sy plaas Louiesenhof vermoor is.

Die aanvalle het weer die lig gewerp op eise vir beter polisiëring op landbougebiede en op die platteland.

Ivan Meyer, Wes-Kaapse LUR vir landbou, sê behalwe die skok van die aanvalle, is die impak op die ekonomie groot gegewe die inkomste wat gegenereer word vir die fiskus en werksekerheid.

Meyer sê dit kan tot ook werksverliese lei.

Kapt. FC Van Wyk sê een van die verdagtes is op 'n plaas in die omgewing gearresteer nadat polisie inligting opgevolg het.

'n 9mm-vuurwapen is ook glo tydens die arrestasie gevind.

Nadat die polisie die verdagte ondervra het, het dit tot die arrestasie van drie ander mense in Mbekweni in die Paarl gelei.

Hulle verskyn Vrydag in die Paarlse landdroshof. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters