Verlede maand
Vier vas vir moord op dokter
roelof botha
Dr. Roelof Botha en sy vrou, Lorette. Foto: Facebook/Lorette Botha  ~ 

TULBAGH. – ’n Bekende dokter van hier is Maandagaand met ’n skerp voorwerp vermoor.

Dr. Roelof Botha (59) praktiseer al jare in die dorp.

Hy is omstreeks 18:45 verskeie kere met ’n skerp voorwerp aangeval. Sy lyk is by die Schalkenbosch-pad buite Tulbagh gekry.

Volgens die ontvangsdame by Botha se spreekkamer het die dokter ná werk aan haar gesê hy gaan kleiduiwe skiet. Dit was sy sport waarvoor hy baie lief was.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n saak van moord geopen is. Vier mense wat van 20 tot 35 jaar oud is, is gearresteer.

“Speurders volg steeds leidrade op en die omstandighede rondom die moord word ondersoek.”

Vertroulik

Enige persoon met inligting kan Crime Stop bel by 08600 10111 of die ondersoekbeampte in die saak, speursers. Marlon Cupido, bel by 023 230 8100.

Alle inligting is vertroulik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters