19 dae gelede
Vier sterf toe kar in stilstaande trok vasry
TRAGEDIE: Drie kinders en ’n vrou het in die ongeluk gesterf.  ~ Foto Verskaf

TOUWSRIVIER. – Cops ondersoek ’n saak van strafbare manslag nadat ’n tweeling, ’n kleuter en een volwassene in ’n tragiese ongeluk gesterf het.

Die ongeluk het gisteroggend omstreeks 04:30 naby die Sandhill-treinstasie so 5 km buite Touwsrivier plaasgevind.

Son verneem dat ’n lorrie se agterband kort voor die ongeluk onklaar geraak het. Die bestuurder het langs die pad afgetrek.

Die bestuurder van ’n wit Toyota-voertuig het toe van agter teen die stilstaande lorrie gebots.

Kritiek

’n Vyf maande oue tweeling, ’n driejarige kleuter en ’n vroulike insittende van die voertuig het op die toneel gesterf.

Twee ander volwassenes is beseer en na ’n nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

’n EMS-woordvoerder, Deanna Bessick, sê daar was ses passasiers in die betrokke voertuig ten tye van die tragedie.

Bessick het bygevoeg die toestand van die ander vroulike passasier is kritiek.

Die pad tussen die twee dorpe was vir verkeer gesluit en daar moes van ’n alternatiewe roete gebruik gemaak word.

Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters