15 dae gelede
Vier mans voor vir moord op laitie (15)
Speurwerk: Die ondersoekbeampte van die anti-gang unit, sers. Elvin Conradie, werk hard om die verdagtes in die tronk te hou.  ~ Peter Abrahams

VIER VERDAGTES het Woensdag in die Paarl Landdroshof verskyn vir die moord op ’n 15-jarige laitie.

Hashiem Solomon is laas jaar op 6 Desember in hulle jaart by die Springbok-flêtse in Chicago, Paarl, doodgeskiet. Nog vier ander mense is in die voorval gewond.

Cameron Claasen, Steward Antonie, Dylan Adriaanse en Romeo Borrins is kort ná die voorval gearresteer. Al vier staan tereg op klagte van moord en poging tot moord.

Borrins het ook verskyn op ’n ander klag van poging tot moord.

Al die verdagtes, behalwe vir Claasen, het reeds hulle aansoek om borgtog laat vaar.

Claasen se borgtog-aansoek kon egter nie Woensdag begin nie oor hy van prokureur verander het.

Die landdros het die saak uitgestel tot vandag vir sy nuwe prokureur om op rekord te kom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters