24 dae gelede
Vier loop hof vir drie se moord
Jeremy DavidsFoto: Facebook  ~ 

DIE polisie het nóg twee mense vasgevat vir ’n sakeroof wat in Kalbaskraal buite Malmesbury op ’n driedubbele moord uitgeloop het.

’n Winkeleienaar, Uzzal Mohammed, klant Jeremy Davids (21), en ’n werker, Alom Molla, is Sondag tydens ’n rooftog in die winkel doodgeskiet.

Mohammed en Molla is albei van Bangladesj. Mohammed is al sedert 2008 in die land en Molla net ’n jaar.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het Sondagaand omstreeks 18:45 op die winkel toegeslaan.

“Hulle het sigarette, airtime en kontant gebuit.”

Voorgevoel

Luidens Die Burger het Davids, ’n local van Kalbaskraal, gaan melk koop.

Sy girlfriend, Samantha Nkwala (21), sê hy met sy fiets winkel toe gegaan.

Sy vertel toe hy ná ’n halfuur nog nie terug was nie, het sy ’n voorgevoel gekry. Sy is toe saam met Davids se ouma en suster na die winkel toe om te kyk wat aangaan.

Twee verdagtes (30 en 24 jaar oud) is Maandagoggend in Bellville-Suid gearresteer.

Van Wyk sê nog twee verdagtes (42 en 48) is nou in hegtenis geneem.

“Dié twee verdagtes is positief uitgeken saam met die ander twee wat reeds aangehou word.”

Die vier verdagtes verskyn vanoggend in Malmesbury se landdroshof. ’n Vyfde verdagte word nog gesoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters