2 maande gelede
Vier klaskamer in brand verwoes
Brand by Groendal skool.
Brand by Groendal skool.  ~ Facebook

VIER klaskamers is Maandagmiddag in 'n brand by Groendal Sekondêre Skool in Franschhoek verwoes. 

Kapt. FC Van wyk, ’n polisiewoordvoerder, bevestig die voorval wat omstreeks 14:00 uitgebreek het. 

Niemand is in die voorval beseer nie.

'n Kunsklas, klaskamer met kraggereedskap en masjienerie, asook rekenaarklas en 'n gewone klaskamer is in puin gelê.

Bronagh Hammond, ’n woordvoerder vir die WKOD, sê ’n brand het aan die einde van die skooldag uitgebreek in die ingenieurs- en ontwerpklaskamer. 

“Prosedures vir noodontruiming is geïmplementeer.

“Brandweerdienste was op die toneel en die polisie ondersoek die oorsaak, wat tans nog onbekend is.”

Sy voeg by dat die skool môre ’n geskeduleerde sportdag hou en dat geen leerder die gebou sal benut nie. 

“Daar is 'n versoek gerig om die geleenheid te gebruik om die omvang van die skade te beoordeel en te bepaal watter plekke op die skoolterrein onveilig is.”

Hammond noem dat voorvalle soos hierdie plaas ekstra druk op die WKOD, wie alreeds sit met 'n uitdaging van ruimte in skole.

“Gelukkig is daar niemand beseer nie en ons wag op die polisie oor die oorsaak van die brand."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters