Verlede maand
Vier in hof vir moord op Tulbagh dokter
Roelof Botha
Dr. Roelof Botha en sy vrou.  ~ Facebook/Lorette Botha

’'N 27-JARIGE man van Tulbagh het erken hy het die 59-jarige Roelof Botha vermoor.

Botha, 'n dokter op die dorp, se liggaam is Maandag kort voor 19:00 in Schalkenboschweg in Tulbagh met verskeie steekwonde gevind.

Netwerk24 het berig dat ’n paartjie en hul kinders sy lyk ongeveer 400 m van sy huis gevind het.

Volgens die Cape Times sê die plaaslike polisie dat Botha aangeval is toe hy 'n sebra-kamp op sy plaas besoek het.

Aiden Abels het Donderdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die Burger berig dat hy erken het dat hy 'n skaapskêr gebruik het om Botha te vermoor.

News24 berig Abels se medebeskuldigdes is Justin Adonis; Andrew Gouws en 'n 17-jarig meisie.

Die jong meisie mag nie geïdentifiseer word nie, omdat sy minderjarig is. Sy sal ook tot haar 18de verjaardag in Oktober by 'n jeugsentrum aangehou word.

Die drie mans het volgens berigte om regshulp aansoek gedoen en sal Dinsdag weer in die hof verskyn. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters