11 dae gelede
Vier in hof vir moord op dok
VERMOOR: Verdagtes het Dinsdag in die hof verskyn nadat dr. Roelof Botha doodgemaak is.  ~ Foto Verskaf

TULBAGH. – Vier verdagtes in die moordsaak van dr. Roelof Botha het Dinsdag in die Tulbagh-landdroshof verskyn.

Andrew Gouws, Justin Adonis, Aiden Abels en ’n 17-jarige meisie het voor landdros Pieter Klazen verskyn.

Die klagstaat lui dat die beskuldigdes dr. Botha op die Schalkenbosch-plaaspad aangeval en met ’n skerp voorwerp (skaapskêr) in die bors doodgesteek het.

Oorgeplaas

Botha was vir jare die plaaslike huisdokter in Tulbagh en ’n ware baken van lig in die dorp.

Die minderjarige meisie se gemelde ouderdom het ná haar arrestasie gewissel van 12 jaar tot 17 jaar, maar sy het aan die polisie gesê sy is 17.

Sy word in September 18 jaar oud en sal dan van ’n jeugsentrum na ’n tronk vir volwasse vroue oorgeplaas word.

Die ander beskuldigdes word in Ceres se tronk aangehou.

Die direkteur van vervolging moet nou besluit of die moordsaak na ’n streekshof of die Wes-Kaapse hooggeregshof oorgeplaas gaan word.

Die saak is tot Donderdag 1 Oktober uitgestel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters