11 dae gelede
Vier dood, ses beseer toe bakkie en kar bots
franschhoek ongeluk
Vier mense is dood en ses ander beseer toe 'n bakkie en kar op die R301 in Franschhoek gebots het.  ~ 

VIER mense is dood en ses ander beseer toe 'n bakkie en kar Saterdagaand op die R301 in Franschhoek gebots het.

Russel Meiring, 'n woordvoerder vir ER24, sê met ER24 se aankoms op die toneel was beide voertuie in die middel van die pad.

"Drie mans en 'n vrou is op die toneel dood verklaar."

Ses ander pasiënte is eers op die toneel behandel, voordat hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. 

Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters