11 dae gelede
Vermiste matrikulant veilig tuis
Vermiste Seun
Emiel Smith is veilig terug by sy familie.  ~ Verskaf

EMIEL Smit, 'n matriekleerder wie vir sowat 'n week vermis was is veilig terug by die huis.

Volgens die polisie het die jong seun Donderdag omstreeks 17:15 ongedeerd by die skool opgedaag, waar hy met sy familie herenig is.

Meer besonderhede oor sy verdwyning is nie onmiddellik beskikbaar nie.

Dié 18-jarige seun van Morreesburg het op 24 Maart vermis geraak vanaf die Boland-landbouskool in Paarl. Hy was in sy skooluniform geklee toe hy verdwyn het. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters