11 dae gelede
Vermiste man gesoek
Martin ‘kintie’ van KraambergFoto verskaf  ~ 

TOUWSRIVIER. – Martin Charles “Kintie” van Kraamberg (57) het op 23 April soos mis voor die son verdwyn nadat hy ontslaan is uit die Worcester-gemeenskapshospitaal.

Volgens sy broer past. Andrew “Bossie” van Kraamberg is dit nie Kintie se gewoonte om sommer sy plakkershut in Zionpark agter te laat en nie tydig uit te steek nie.

Die vermiste het blykbaar gesukkel met ’n longkwaal toe hy in die hospitaal opgeneem is, maar is na bewering 21:00 op 22 April ontslaan.

Hy het egter in die hospitaal oornag om die volgende oggend huiswaarts na Touwsrivier te reis.

Past. Van Kraamberg sê ’n plaaslike ambulansman het Kintie die oggend van sy verdwyning by die hospitaal sien rondstaan.

Geklee

Kintie se familie is baie bekommerd oor sy welstand, veral met die bibberweer.

Hy was laas geklee in ’n swart leerbaadjie, wit-en-blou blokkieshemp, blou denim jeans, swart-en-wit no-name-tekkies en ’n rooi keppie.

Enige persoon wat weet waar Kintie is, kan past. Andrew van Kraamberg bel by 071 595 6137.

Alternatiewelik kan mense met inligting hulle naaste polisiekantoor bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters