25 dae gelede
Verdagte vas kort na lyk van vrou gevind is
 ~ 

'N 20-JARIGE man is gearresteer kort nadat sy slagoffer se liggaam Vrydagaand in Hawston gevind is.

Juanita Willemse se liggaam is Vrydagaand gevind en die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem.

Sers. Noloyiso Rwexana, 'n polisiewoordvoerder, sê: "Die liggaam van 'n 30-jarige vrou is met 'n tou om haar nek in Cambridge-straat gekry.

"'n Verdagte is kort nadat die slagoffer se liggaam gekry is gearresteer."

Die motief vir die moord is nog onbekend.

Intussen berig SABC dat volgens die slagoffer se ma is die verdagte bekend aan die familie.

Elizabeth Willemse het ook aan die SABC genoem: "My dogter laat drie kinders van een, vier en 11, agter."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters