10 dae gelede
Verdagte ‘speel mal’ ná baba verkrag is
FOTO TER ILLUSTRASIE  ~ 

ROBERTSON. – ’n Gemors van ’n jong “speel mal” nadat hy na bewering ’n 18 maande oue babameisietjie verkrag het.

Só het hofgangers Woensdag in die Worces­ter-landdroshof gefluister toe die verdagte (28) vlugtig verskyn het. Hy het deurgaans grootoog op en af gekyk.

Hy word daarvan verdink dat hy die baba laas maand in die informele nedersetting Nkqubela verkrag het.

Son het eers dié naweek van die voorval te hore gekom. Dit het rugbaar geraak nadat die media verlede week vol was van verkragting van en geweld teen vroue en kinders.

’n Nurse het bos gelos en gevra dat gemeenskappe moet saamstaan en hierdie euwel uitroei.

Gister het die betrokke nurse aan Son gesê twee vroue het met die kind by die kliniek aangekom.

Volgens die nurse het die vroue gesê hulle het die kind op ’n stoep van ’n huis in die buurt sien lê.

Sy vertel: “Ek het on­middellik die polisie en maatskaplike werkers laat kom. Die kind is na die hospitaal geneem.”

Volgens die nurse is daar toe bevestig dat die kind verkrag is.

Nadat die voorval uitgekom het, was die gemeenskap in rep en roer. Mense het die bloed van die verdagte gesoek.

Geskok

Shiela Magoma, ’n inwoner, sê sy weet van die voorval.

“Ek was tot in my tone geskok,” sê sy.

Volgens haar moet die jong in die tronkselle krepeer en sy sel se sleutel in die see gegooi word.

’n Ander inwoner sê kwaad sulke oortreders se meneer moet afgekap word as die goed hulle dan so pla.

Son verneem dat die baba­ goed aansterk en uit die hospitaal ontslaan is.

Sy en haar mammie is in ’n plek van veiligheid geplaas.

Siyabulela Malo, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Malo sê die verdagte is deur die polisie aangekeer en in hegtenis geneem.

Hy sal in aanhouding bly totdat hy weer in die hof moet verskyn.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters