21 dae gelede
Verdagte skok met seksbom
LOS BOM: Brian Mudyiwayana beweer nou hy het seks gehad met een van die cops wat die verdwyning van een van sy vermeende victims ondersoek het.  ~ Basil Davids

SWELLENDAM. – Brian Mudyiwayana (33) het gister ’n Hollywood stunt in die rondgaande hof uitgehaal deur te beweer dat hy seks met ’n cop gehad het.

Dié cop is verbonde aan ’n polisiestasie in die omgewing.

Mudyiwayana se lawyer, Omar Arend, het aan die cop verduidelik dat sy kliënt aanduiding gegee het dat die seksdaad by haar ma se huis plaasgevind het.

Mudyiwayana beweer dié daad het in 2016 plaasgevind.

Die cop het bloedrooi in haar gesig getrek en haar toe met haar hande probeer koel waai.

Die skok was duidelik op haar gesig te bespeur.

Arend het aan die cop gevra wat haar reaksie op dié bewerings van sy kliënt is, waarop sy stip na Mudyiwayana gestaar het.

Sy antwoord: “Nee, ek het nie met die man seks gehad nie.

“Ek was daai tyd nog getroud­ en ek het ’n kind.”

Hierna het sy na die hof­ordonnans gedraai en saggies gesê: “Die man is mal ... en siek.”

Skoonveld

Mornay Julius, die staatsaanklaer, wou by haar weet waar sy Mudyiwayana ontmoet het.

Hierop het sy geantwoord dat sy uitgeroep is na ’n klagte in die Zolani-woonbuurt in Ashton, waar die beskuldigde destyds gebly het.

Haar besoek aan die betrokke­ huis het gevolg nadat ’n ander getuie, Nomboliso Moseswe, die polisie gebel het omdat Gladys Ntondini, een van Mudyiwayana se ses slagoffers, skoonveld was.

Moseswe het vroeër hieroor getuig.

In haar getuienis het Moseswe vertel dat Mudyiwayana te kenne wou gee dat Ntondini terug na haar huis geryloop het.

Maar sy het nie dié storie gesluk nie, want sy is daar weg sonder haar kind.

Mudyiwayana het toe glo dié kind in Moseswe se sorg geplaas.

Die cop sê Mudyiwayana was by hul aankoms nie daar nie.

Volgens haar het van haar kollegas hom by sy werk gaan haal terwyl sy en ander die groot tas deursoek het waarmee hy by Moseswe se huis opgedaag het.

“In hierdie tas was allerhande vroueklere van verskillende sizes.

“Daar was ook makeup, selfoononderdele en verskeie simkaarte in die tas,” getuig sy.

Sy het voorts getuig dat hulle by verdere ondersoek afgekom het op ’n groot slagmes in die tas.

Mudyiwayana is toe gearresteer oor hy nie aan die polisie die nodige dokumente kon wys wat toon hy mag in die land wees nie en omdat hy vermoedelik die kind verwaarloos het.

Die verdagte is egter kort hierna weer vrygelaat, aldus die cop.

Sy sê ná Mudyiwayana se vrylating was sy van diens af en op pad na ’n shebeen toe sy Mudyiwayana en die kind weer gewaar het.

Volgens haar het Mudyiwayana geloop en drink aan ’n bier en sy het hom gekonfronteer.

“Ek het hom en die kind saam met my na my ma se huis geneem, waar ek die kind vir die nag laat slaap het,” getuig sy.

Lieg

“Hy lieg as hy sê ek het met hom in die bed geklim,” getuig sy. Volgens haar het Mudyiwayana geloop en die next dag vroeg klere vir die kind gebring.

Die saak duur vandag voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters